Ballas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
’n Nabyskoot van ballas tussen dwarslêers en onder ’n treinspoor.

Ballas is die fondament waarop die dwarslêers van ’n spoorlyn gelê word. Dit word onder, tussen en om die dwarslêers gepak.[1] Dit help die vrag op die spoor dra, met die dreinering van water en om te keer dat plante deur die spoor groei.[1] Dit word gewoonlik van vergruisde klippe gemaak, maar soms van ander, minder geskikte materiaal soos klei.[2]

Die term "ballas" kom van die skeepvaartterm vir die klippe wat gebruik word om ’n skip te stabiliseer.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 Solomon, Brian (2001). Railway Maintenance Equipment: The Men and Machines that Keep the Railroads Running. MBI Publishing Company. ISBN 0-7603-0975-2
  2. S.W.Beyer en I.A. Williams, The Geology of Clays, pages 534-537

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]