Bar
Voorkoms
Die bar is 'n eenheid van druk. Dit is nie 'n SI-eenheid nie maar word aanvaar vir gebruik met die SI-eenhede. Die bar word steeds gereeld gebruik om druk in uit te druk omdat dit byna gelyk is aan atmosferiese druk.
Definisie
[wysig | wysig bron]Die bar, desibar en millibar word as volg gedefinieer:
- 1 bar = 100 kPa (kilopascal)
- 1 dbar = 0.1 bar = 10 kPa
- 1 mbar = 0.001 bar = 0.1 kPa = 1 hPa
(Een pascal is een newton per vierkante meter)
Oorsprong
[wysig | wysig bron]Die woord bar vind sy oorsprong in die Griekse woord βάρος (baros) wat gewig beteken. Die amptelike simbool is bloot "bar".
Die bar en die millibar is deur Sir Napier Shaw in 1909 bekendgestel en internasionaal in 1929 in gebruik geneem.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir bar.