Barometer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Kwik-barometer
'n Aneroïde barometer

'n Barometer is 'n toestel waarmee lugdruk gemeet word.

Daar is verskillende tipes barometers, soos die water-barometer, aneroïde barometer en die kwik-barometer. Die eerste barometer is gemaak deur kwik in glasbuis te plaas en in 'n bak om te keer. Dié barometer is deur die Italiaanse wiskundige, Evangelista Torricelli in 1643 uitgevind.

Barometers kan ook gebruik word om hoogte te meet, soos die hoogte van 'n berg. Dit word dikwels aan boord van warmlugballonle gebruik. Barometers word ook in die moderne lugvaart ingespan. Myners gebruik dit soms om die diepte van 'n myn te bepaal. Die mees algemene gebruik is egter om lugdruk te meet. Dit help weerkundiges om die weer te voorspel.