Cassius Baloyi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Cassius Baloyi
Statistiek
Geboortenaam Ponani Cassius Baloyi
Bynaam(e) Mr. Shy Guy
Gewigklas Junior veergewig, veergewig en junior liggewig
Lengte 1,78 m
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geboorte 5 November 1974
Malamulele
Houding Ortodoks
Boksrekord
Totale gevegte 46
Oorwinnings 37
Oorwinnings met uitklophou 19
Verloor 8
Gelykop 1
Geen wedstryd 0

Cassius Baloyi (geb. 5 November 1974 in Malamulele) is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse bokser. Sy bynaam was Mr. Shy Guy.[1] Hy het tussen 1996 en 2008 in drie gewigsafdelings — junior veergewig, veergewig en junior liggewig — ’n rekordaantal van ses wêreldtitels van kleiner boksliggame verower. Hy is 2008 as Suid-Afrika se bokser van die jaar aangewys.[2]

Die Cassius Baloyi-akademie is in Januarie 2010 geloods. Dit is 'n nie-winsgewende maatskappy wat minderbevoorregte jeug, veral die van Alexandra, leer boks. Die akademie is by Sanabo en die plaaslike JABO-bokskomitee geaffilieer.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Cassius Baloyi : Boxer". Boxrec.com. Besoek op 2012-10-19.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8