Chevrolet
Chevrolet | |
Tipe | Afdeling van maatskappy |
---|---|
Gestig | 3 November 1911 |
Stigter(s) | Louis Chevrolet en William C. Durant |
Hoofkantoor | Detroit, Michigan, VSA |
Sleutelpersone | Alan Batey Senior visepresident[1] |
Gebied bedien | Wêreldwyd, behalwe Oseanië |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motors, vragmotors, enjins |
Dienste | Finansiering, assuransie, onderhoudsdiens |
Moedermaatskappy | General Motors |
Slagspreuk | Find New Roads |
Webwerf | chevrolet.com |
Chevrolet, in die omgangstaal bekend as Chevy, of net Chev, is 'n groot Amerikaanse motorvervaardiger wat handeldryf oor die hele wêreld. Chevrolet is 'n afdeling van die Amerikaanse vervaardiger General Motors (GM).[2]
Louis Chevrolet en uitgeweke General Motorsstigter William C. Durant het die maatskappy op 3 November 1911 gestig. Durant het die Chevrolet Motor Car Company gebruik om 'n beherende belang in General Motors te bekom met 'n omgekeerde samesmelting op 2 Mei 1918, en homself weer opgewerk tot GM president. Ná die tweede verdrywing van Durant in 1919, het ene Alfred Sloan met sy slagspreuk "'n motor vir elke beursie en doel" die Chevroletmerk tot die volumeleier in die General Motorsfamilie verbeter. Chevrolet het hoofstroomvoertuie gebou en verkoop om te kompeteer met Henry Ford se Ford Model T in 1919 en die Model T as die besverkopermotor in die Verenigde State verbygesteek in 1929.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Chevrolet Master de Luxe afslaankap, 1933
-
Chevrolet 2-deursedan, 1938
-
Chevrolet koepee, 1941
-
Chevrolet Two-Ten, 1953
-
Chevrolet Corvette, 1958
-
Chevrolet Impala, 1965
-
Chevrolet Corvette, 1975
-
Chevrolet Silverado, 2007
-
Chevrolet Camaro, 2015
-
Chevrolet Malibu, 2019
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Corporate Officers (15 Januarie 2014). "Alan Batey – GM Corporate Officers" (in Engels). GM.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 19 Augustus 2014.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8