Gaan na inhoud

Cobus van der Walt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cobus van der Walt
GeboortenaamJacobus Bernardus van der Walt
Ook bekend asBernardt James
Gebore2 Junie 1981 (1981-06-02) (43 jaar oud)
Evander, Suid-Afrika
GenresInstrumentaal, klasieke kontemporêre musiek
Beroep(e)Musikant
InstrumenteKlavier
Webwerfwww.bernardtjames.com

Jacobus Bernardus van der Walt beter bekend deur sy verhoogsnaam Bernardt James (gebore op 2 Junie 1981 in Evander, Suid-Afrika) is 'n uitvoerende musikant en komponis.[1]

Op 'n vroeë ouderdom het Bernardt James uitsonderlike musikale vermoë openbaar en die klavier as sy kreatiewe medium gekies. Onder die leiding van sy musiekonderwyseres, Marietjie Steyn (by Hoërskool Volksrust) het Bernardt gehelp musikaal ontwikkel en hy het so begin om sy eie musiek te komponeer. Hy het ook van sy eie komposisies in plaaslike talentkompetisies en vir klaviereksamens gebruik.[2][3]

Van 2003 tot 2005 was Bernardt die permanente pianis by die "Palace Of The Lost City" te Sun City. Terwyl hy daar gespeel het, het hy daaglikse uitvoerings by die "Crystal Court" en die "Villa del Palazzo" gelewer. Meer onlangs tree Bernardt in Johannesburg op by plekke soos The Grace Hotel, Michelangelos, Gold Reef City, Sandton Sun, The Hilton, The Residence en Maximillien (in Sandton).

23 Oktober 2014 het Bernardt op sy webwerf verduidelik wat elke liedjie op sy albums: "A song to remember" en "Music all around" beteken. Die album "A song to remember" was opgedra aan sy ouma (Maria Janse van Rensburg) wat teen einde 2012 oorlede is.[4]

Bernardt se nuutste album "Symphonic Impressions" is vrygestel in September 2023. Hy het tans 9 albums vrygestel.[5]

Diskografie

[wysig | wysig bron]
  • A song to remember (2013)

A song to remember album

  • Music all around (2014)

Music all around album

  • Risurrezione (2015)

Risurrezione album

  • Unresolved (2017)
  • Pensato (2019)
  • Impromptu Impressions (2020)
  • Awakened (2021)
  • Synchroneity (2022)
  • Symphonic Impressions (2023)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Wikitree geboorteregister
  2. "2003 Rapport ATKV Crescendo". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2015. Besoek op 11 Januarie 2015.
  3. "2002 Rapport ATKV Crescendo". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2015. Besoek op 11 Januarie 2015.
  4. Liedere se betekenis van albums
  5. Albums

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]