Coventry Climax
Voorkoms
Coventry Climax | |
Tipe | Privaatmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1903 |
Hoofkantoor | Coventry, Engeland |
Sleutelpersone | Lee Stroyer, Henry Pelham Lee |
Industrie | Spesialis masjinerie en enjinvervaardiger |
Coventry Climax was 'n Britse vurkhyser-, brandbestryder-, wedren-, en ander spesialis-enjinvervaardiger.
In die 1920's en 1930's het hulle enjins voorsien aan vele maatskappye wat ligte motors vervaardiging het, soos Abbey, AJS, Albatross, Ashton-Evans, Bayliss-Thomas, Clyno, Crossley, Crouch, GWK, Marendaz, Morgan, Triumph, Swift en Standard.
In die 1920's verskuif die maatskappy sy fabriek na Friarsweg, Coventry en in die laat 1930's verkry hulle die ou Riley Motors-perseel in Widdringtonweg, Coventry. In die vroeë 1930's het die maatskappy ook enjins vir busse verskaf.
Voorbeelde van Climax se renenjins
[wysig | wysig bron]-
'n Climax FPF 2500 renenjin in 'n Lotus 18
-
Climax FWA 1098
-
Kieft GP-motor in Donington se kuipe
-
Climax FWMV 1500 in 'n Lotus-renmotor
-
Coventry Climax FWMV in 'n Cooper T66
-
Cooper-Climax T54 "The Kimberly Special"