Crouton
Croutons, croûtons of krotons is stukkies gebraaide of herbakte brood. Dit word meestal in blokkies gesny en gegeur, en verleen ekstra tekstuur en smaak aan slaaie,[1] soppe en bredies, of soms word dit alleen as ’n lekkerny geëet.
Die woord "croûton" kom uit Frans en is afgelei van die Franse woord croûte, of "kors". Hoewel croutons meestal in klein blokkies gesny word, kan hulle enige grootte en vorm hê; dit kan selfs met hele snye brood gemaak word.
Bereiding
[wysig | wysig bron]Die bereiding van croutons is redelik eenvoudig. Snye brood word gewoonlik in blokkies gesny[2] en dan geverf met olie of botter (wat met ’n verskeidenheid middels gegeur kan wees). Die blokkies word dan gebak. Hulle kan ook liggies in botter of kookolie gebraai word totdat hulle bros en bruin is, wat daaraan ’n botterige smaak en krakerige tekstuur gee. Soms word croutons ook met kaas gegeur[3]
Byna enige soort onversoete brood[1] kan gebruik word. Ouerige, droë brood word dikwels ingespan[1] in plaas van vars brood. Ou brood word deur kokke gebruik vandat brood uitgevind is; dit is in die Middeleeue dikwels saam met sop opgedien. Deesdae kan croutons ook klaar berei gekoop word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 Ranken, M.D. (1997). Food Industries Manual. Springer Science & Business Media. pp. 464–465. ISBN 0751404047.
- ↑ Davidson, Alan (2014). The Oxford Companion to Food. Oxford University Press. p. 233. ISBN 0199677336.
- ↑ Nargi, Lela (2008). The Farmer's Wife Comfort Food Cookbook. MBI Publishing Company. p. 41. ISBN 1610600525.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Crouton.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia