Dêwa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Dêwa (Sanskrit, देव, dêwa, [devə]) is 'n Indiese begrip wat verwys na die godsdienende gode en hemelwesens. Dêwa's verkeer op 'n hoër vlak as die mens en kan na gode, halfgode, engele asook bonatuurlike wesens verwys. As hemelwesens staan hulle nie buite die hergeboortekringloop (Samsara) nie, maar is wel daarin geïntegreer. Hulle speel veral in Hindoeïsme en Djainisme 'n belangrike rol. In Boeddhisme word met dêwa's hemelwesens of gode bedoel wat in die ses bestaansbereike in 'n geluksalige toestand heers, maar wat soos die mens onderworpe is aan die kringloop van hergeboorte, veroudering en afsterwe.[1]

Hoewel dêwa dikwels met god vertaal word, moet mens daarop let dat dit nie vir die hoogste godhede (byvoorbeeld Isjwara of Narajana) gebruik word nie. Boeddhiste dêwa's is ook nie almagtig, alomteenwoordig of onsterflik nie.

Verwysings[wysig]

  1. Njantiloka. Buddhistisches Wörterbuch; bladsy 60, "Deva"