DVD-Video
Voorkoms
DVD-Video is die opvolger van die CD-Video- en VHS-formaat en het danksy verbeterde digitale beeld- en klankkwaliteit die gewildste medium vir tuisteaterstelsels geword. Die DVD-Video-formaat baseer op die DVD-ROM. Die maksimale speeltyd van 'n DVD-rolprent varieer na gelang van die tipe DVD-ROM waarop dit gestoor word; tweesydige DVD-Video's met twee lae op elke sy het 'n verlengde speeltyd van sowat agt ure.
Gebiedskodes (regional codes)
[wysig | wysig bron]Die Amerikaanse rolprentnywerheid behou die reg voor om films in die buiteland op 'n later tyd vry te stel as in Noord-Amerika. By die invoering van die DVD-formaat vir rolprente dring die filmateljees daarop aan dat gebiedskodes op die skywe gestoor word, wat die gebruik van die DVD tot die ooreenstemmende gebied beperk.
Kode | Gebied |
---|---|
1 | VSA, Kanada en VSA-besittings |
2 | Europa, Groenland, Suid-Afrika, Japan, Egipte en Midde-Ooste |
3 | Suidoos-Asië, Suid-Korea, Hongkong, Indonesië, Filippyne, Republiek van Sjina |
4 | Australië, Nieu-Seeland, Mexiko, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika |
5 | Rusland en GOS-lande, Oos-Europa, Indië, Afrika |
6 | Volksrepubliek van Sjina |
7 | Gereserveer vir toekomstige gebruik |
8 | Internasionale terreine, soos byvoorbeeld op skepe en in vliegtuie |
DVD-tipes, stoorkapasiteit en video-speeltyd
[wysig | wysig bron]DVD-tipe | Lae | Stoorkapasiteit | Video-speeltyd |
---|---|---|---|
DVD-5 | een laag | 4,7 GB | 120 minute |
DVD-9 | dubbellaag | 8,54 GB | 240 minute |
DVD-10 | een laag | 9,4 GB | 270 minute |
DVD-14 | een of twee lae | 13,24 GB | 360 minute |
DVD-18 | twee lae | 17 GB | 480 minute |