Gaan na inhoud

Dekoratie voor Trouwe Dienst

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die medalje.

Die Dekoratie voor Trouwe Dienst (DTD) was ‘n Suid-Afrikaanse medalje vir offisiere van die krygsmagte van die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje-Vrystaat wat ‘n heldhaftige bydrae gelewer het tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die Boererepublieke het oor geen stelsel beskik wat hul soldate vir dapperheid onderskei het nie. Tydens die oorlog is bevelvoerders van die ZAR-magte egter deur middel van ‘n kennisgewing in die Staats Courant van 9 Mei 1900 beveel om name aan te teken van manskappe wat besondere dapperheid aan die dag lê sodat na die oorlog aan daardie soldate erkenning gegee kan word. Maar die ZAR en die Oranje-Vrystaat verloor die oorleg en kom daar niks van die oorhandiging van eretekens nie. Toe die Unie-verdedigingsmag gevorm word, dra die soldate wat aan Britse kant geveg het, wel medaljes, maar die oud-veterane van die OVS en die ZAR nie. Om die ongelyklheid reg te tel is die DTD ingestel gelyk aan rang as die Britse Distinguished Service Order (die DSO).

Aan wie?

[wysig | wysig bron]

Die DTD kon toegeken word aan oud-offisiere van die Boere-republieke, maar moes dienende lede van die nuwe verdediginsmag wees of beskikbaar wees om opgeroep te word. Toekennings is gedoen deur die Britse koning op aanbeveling van die Unie van Suid-Afrika se minister van verdediging. Tussen 1921 en 31 Desember 1946 is 655 offisiere vereer. Baie offisiere wat aan Boerekant geveg het, is egter uitgesluit, byvoorbeeld Kaapse Rebelle en ander rebelle en offisiere van die Hollanderkorps en ander buitelanders wat die Boere ondersteun het.

Medalje

[wysig | wysig bron]

Die medalje het bestaan uit ‘n ronde silwer skyf, 37 mm in deursnee, 3 mm dik met ‘n effens opstaande rant. Aan die een kant was die landswapen van die Oranje-Vrystaat met op die agtergrond ‘n kruis (die tradisionele simbool van dapperheid) en in die veld rondom die kruis was die inskripsies “Voor Trouwe Dienst” en “1899-1902”. Die ander kant van die penning was presies dieselfde, behalwe dat die OVS-wapen met die ZAR-wapen vervang is. Op die smal rand van die munt het die naam en rang van die ontvanger gestaan.

Aan die medalje is ‘n gespe vir ‘n lint met ‘n breedte van 32 mm. Die lint het bestaan uit 5 vertikale bane in die vyf gekombineerde kleure van die Vierkleur (rooi, wit, blou, groen) en die OVS-vlag (rooi, wit, blou, oranje). Die rooi baan is 3 mm breed, groen 7 mm, blou 12 mm, oranje 7 mm en wit 3 mm.

Drawyse

[wysig | wysig bron]

‘n Veteraan van die Vrystaatse magte dra die medalje met die OVS-wapen na vore. Ook dra hy die lint so dat die wit baan vir hom links is. Vir ‘n ZAR-offisier is dit by die munt sowel as by die lint andersom. Soos gebruiklik met eretitels en kwalifikasies in die Engelse tradisie was die ontvanger van ‘n DTD geregtig om die letters agter sy naam te skryf.

Opmerking

[wysig | wysig bron]

Die Britse koning maak dus in hierdie geval ‘n toekenning aan mense wat in ‘n oorlog teen sy land geveg het en die oorlog verloor het. Dit is bedoel as ‘n gebaar van versoening.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • angloboerwar.com/medals-and-awrds/boer/1719-dekoratie-voor-trouwe-dienst
  • samilitaryhistory.org/vol011fo.html
  • transvaalstudycircle.org/dekoratie-voor-trouwe-dienst-a- philatelic-connection-by-garth-kruger/