Gaan na inhoud

Deling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Deling is 'n rekenkundige en algebraïese bewerking waarby bepaal word hoeveel keer een hoeveelheid in 'n ander hoeveelheid begrepe is. Die woord ‘deling’ beteken om 'n geheel in gelyke dele te skei. Wanneer die getal 10 byvoorbeeld deur 2 gedeel word, is die antwoord 5. Dit is 'n deling. As 10 appels in 2 gelyke dele verdeel word, is daar 5 appels in elke deel.

Vermenigvuldiging kan met deling gekontroleer word, en deling kan met vermenigvuldiging gekontroleer word.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Almal verstaan Wiskunde Graad 4 Leerderboek. 2012. Northlands: Macmillan South Africa
  • Almal verstaan Wiskunde Graad 5 Leerderboek. 2012. Northlands: Macmillan South Africa