Die Son
Voorkoms
Die Son is 'n Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse poniekoerant gerig op die wit en bruin werkersklas.[1] Die Son is een van die snelgroeiendste koerante in Suid-Afrika en sy sirkulasie het reeds dié van Die Burger verbygesteek. In die Wes-Kaap verskyn dit as 'n dagblad, elders is dit 'n weekblad. Hulle hoofkantoor is in Kaapstad, en die uitgewer is Naspers.
Die daaglikse sirkulasie van die dagblad in die Wes-Kaap was 97 135 in 2008 en 91 735 in die tweede kwartaal van 2013. In die tweede kwartaal van 2022 was dit 18 317, vergeleke met die ander twee Afrikaanse dagblaaie, Die Burger en Beeld, se 27 757 en 21 015.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "'n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag" (Akademiese artikel). LitNet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 20 Mei 2017.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Son se statistiek[dooie skakel]