Diesellokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Twee diesellokomotiewe

'n Diesellokomotief is 'n tipe spoorweg- of treinlokomotief waarin die eerste bron van aandrywingskrag 'n dieselenjin is. Verskeie vorme van diesellokomotiewe is oor die jare ontwikkel, hulle verskil hoofsaaklik in die wyse waarop kinetiese krag oorgedra word aan die lokomotief se dryfwiele.

Historiese Ontwikkeling[wysig | wysig bron]

Dieselenjins het stadig maar seker treine aangedryf deur stoomenjins vervang, na mate die vervaardiging en operasionele doeltreffendheid van dieselenjins goedkoper geword het om te bedryf. Ten spyte daarvan dat die aanvanklike koste van dieselenjins hoog is, was stoomlokomotiewe slegs vir spesifieke spoorwegroetes ontwerp en, as sodanig, was dit moeilik om 'n goeie ekonomiese skaal te bereik. Hoewel meer kompleks om te produseer, met 'n veeleisende vervaardigingstoleransie van 0,0025 mm vir diesel, in vergelyking met 0,25 mm vir stoom, is diesellokomotiewe se onderdele meer bevorderlik vir massaproduksie.

Die stoomenjinvervaardiger Baldwin het byna vyfhonderd stoommodelle in sy fleur geproduseer, terwyl EMD minder as tien dieseltipes kon aanbied.

Soorte Diesellokomotiewe[wysig | wysig bron]

  • Diesel-meganies
  • Diesel-elektries
  • Elektro-diesel
  • Diesel-hidroulies
  • Diesel-stoom
  • Diesel-pneumaties