Dr. Kalie
Dr Kalie | |
---|---|
Regisseur | Ivan Hall |
Draaiboek | Pieter Schreüder (draaiboek) |
Met | Siegfried Mynhardt Willie de Groot Wena Naudé |
Ateljee | Kavalier Films |
Uitgereik | 25 November 1968 |
Speeltyd | 95 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Dr Kalie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 November 1968 deur Kavalier Films in Suid-Afrika vrygestel is. Die rolprent is in Mosselbaai in die Wes-Kaap verfilm. Die draaiboek is deur Pieter Schreüder geskryf en die regie is deur Ivan Hall behartig. Die hoofrolle word deur Siegfried Mynhardt, Willie de Groot en Wena Naudé vertolk.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n komedie-drama wat in triptiek-vorm (drie dele) aangebied word. Dit het geen ouderdomsperk nie en is vir alle ouderdomsgroepe geskik.
Hoofkarakters
[wysig | wysig bron]- Siegfried Mynhardt as Kalie Muller
- Willie de Groot as Bokkie
- Wena Naudé as Bokkie se ouma
- June Seymour as mej. Ziervogel
- Johan du Plooy as Van Rensburg
- Reinet Maasdorp as Tiny Huskins
- Brian O'Shaughnessy as Peter Vané
- Franz Marx as Harry
- Gail Borchers as Jean
- Francois van Heyningen as Hannes Muller
- Sandra Weiss as Santie
- Elwen Morris as Estelle Muller
- Francois de Bruyn as Kerneels Jooste
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die eerste deel handel oor die swerwer, Kalie Muller, wat 'n byna magiese impak op almal wat hy ontmoet uitoefen. Hy help 'n jong seun met die besef dat hy graag vir sy geliefde ouma die kombuis van haar drome wil gee.
In deel twee speel Kalie Cupido, met die toevoeging van 'n ryk alleenloper en 'n blommekind.
In die derde en laaste deel help Kalie sy vervreemde seun met die insig dat, as hy in sy besigheid en liefdeslewe wil slaag, hy die lewe deur die oë van 'n kind moet sien. Kalie het egter 'n geheime helper, sy hondjie, wat die lewens van die menslike karakters in die rolprent met mekaar verbind.