Johan du Plooy
Voorkoms
Johan du Plooy | |
Geboorte | 1926 |
---|---|
Sterfte | 17 Februarie 2011 Roodepoort |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1955 tot 1976 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Johan du Plooy (1926–2011) was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy werk aanvanklik as 'n verkeersbeampte in Johannesburg en moes Jamie Uys vir 'n oortreding voorkeer. Jamie het gedink hy het potensiaal, en hom 'n rol in een van sy rolprente aangebied. Hy was veral bekend vir sy rolle in die prente Dirkie, Liefde vir Lelik en Lelik is my offer.[1]
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Haak Vrystaat, 1976
- Suster Teresa, 1974
- Pens en Pootjies, 1974
- Die Voortrekkers, 1973
- Groetnis vir die Eerste Minister, 1973
- Die Sersant en die Tiger Moth, 1973 as fabrieksvoorman
- They Call Me Lucky, 1973
- Die Marmerpoel, 1972
- Breekpunt, 1971 as boer
- Pressure Burst, 1971 as Koos Lewis
- Dirkie, 1970 as Jack
- Stop Exchange, 1970
- Onwettige Huwelik, 1970
- Die Vervlakste Tweeling, 1969
- Stadig oor die Klippe, 1969 as mnr Wessels
- Dr Kalie, 1968 as Van Rensburg
- Oupa for Sale, 1968 as arm boer
- Wild Season, 1967 as Hennie de Waal
- King Hendrik, 1965
- Debbie, 1965
- Kimberley Jim, 1963
- Lord Oom Piet, 1962 as aankondiger
- Voor sononder, 1962 as Albie Marais
- Hou die Blink Kant Bo, 1960
- Nooi van my Hart, 1959 as bioskoop se bestuurder
- Rip van Wyk, 1959 as fotograaf
- Die Bosvelder, 1958
- Paul Krüger, 1956 as Dr. Heyman
- Geld Soos Bossies, 1955
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Akteur in Jamie Uys-flieks oorlede[dooie skakel], Beeld, 18 Februarie 2011