Droogte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Question book-4.svg Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Verdroogde meer in Rusland

'n Droogte is 'n periode waartydens daar 'n tekort aan water is. Die hoofoorsaak van droogtes is 'n langdurige gebrek aan neerslag, veral in die vorm van reën, maar in gebiede waar grondwater belangrik is kan veranderinge in die ondergrondse watertafels ook na 'n waterskaarste toe lei. Droogtes wissel aansienlik in lengte; sommiges duur maande en jare, terwyl natter streke na slegs 'n paar weke sonder reën al 'n droogte kan ondervind. Droogtes kan aansienlike skade aan die ekonomie aanrig, die landbou lamlê en in erge gevalle selfs na ontvolking van hele streke toe lei. Ander effekte sluit in ondervoeding, hongersnood, grootskaalse migrasie en veldbrande.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Hierdie is 'n gedeeltelike vertaling van die Nederlandse en Engelstalige Wikipedias

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]