Fennedine
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Fennedine is 'n ou Duitse vroulike voornaam van Oos-Friesiese oorsprong. Die naam word afgelei van die name Fenne en Fentje (wat weer afkortings is van name wat met die lettergreep "fried" begin). 'n Ouer vorm van die naam is Fentjedina. Die tweede deel van die naam "dine" is 'n lettergreep wat die vroulike vorm van name in Oos-Friesland aandui (Ayeltdine – vroulike vorm van Ayelt; Tjardine – vroulike vorm van Tjard, ens.).