Gaan na inhoud

Gaeltacht

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die amptelike Gaeltacht-gebiede in Ierland

Gaeltacht (Iers: [ˈɡeːl̪ˠt̪ˠəxt̪ˠ] of [ˈɡeːl̪ˠhəxt̪ˠ]; meervoud: Gaeltachtaí) is die Ierse term vir 'n Ierssprekende streek.

In die Republiek van Ierland word die term gebruik om na enige of alle distrikte te verwys wat deur die regering amptelik as merendeels Ierssprekend erken word, dit wil sê waar 'n meerderheid van die bevolking Iers as huistaal praat.[1] Hierdie distrikte is vir die eerste keer in die vroeë jare van die Ierse Vrystaat amptelik erken nadat die Gaelic Revival of Iers-Gaeliese Herlewingsbeweging die publiek se aandag op die inheemse Keltiese taal gevestig het. Die Ierse regering het vervolgens verskeie pogings onderneem om die herlewing van Iers en sy gebruik in die openbare lewe te bevorder.[2]

Tans bedreig die verminderde gebruik van Iers die bestaande grense van Ierse taalgebiede.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Webster's Dictionary – definisie van Gaeltacht
  2. Peter A. Maguire: Language and Landscape in the Connemara Gaeltacht. In: Journal of Modern Literature, herfs 2002, jaargang 26, uitgawe 1, bl. 99-107