Galaktiese antisentrum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
’n Voorstelling van die sterrebeeld Koetsier.

Die galaktiese antisentrum is ’n teoretiese punt in die lugruim regoor die middelpunt van die Melkweg. Dit is nie ’n vaste punt nie, maar relatief; dit verskil van waarnemer tot waarnemer, na gelang van sy posisie.[1][2][3] Dit is ook nie beperk tot ’n sekere plek in die lugruim nie. Twee voorwerpe in verskillende sterrestelsels kan albei in die galaktiese antisentrum lê, solank hulle in die teenoorgestelde rigting as die Melkweg se middelpunt voorkom (nes sterre in ’n sterrebeeld in heeltemal verskillende dele van die lugruim kan voorkom, maar visueel naby mekaar lê).

Uit die oogpunt van ’n waarnemer op aarde lyk dit of die galaktiese antisentrum in die sterrebeeld Koetsier lê, en Alnath is die naaste helder ster aan dié punt.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Eisenhauer, F. et al. (2005). “SINFONI in the Galactic Center: Young Stars and Infrared Flares in the Central Light-Month”. The Astrophysical Journal 628 (1): 246–259. doi:10.1086/430667.
  2. Majaess D. J., Turner D. G., Lane D. J. (2009). Characteristics of the Galaxy according to Cepheids, MNRAS
  3. “SINFONI in the Galactic Center: young stars and IR flares in the central light month”. doi:10.1086/430667.