Gebruiker:DKBSENNAH/sandput/Bemarkingstrategie
Die bemarkingstrategie vorm deel van ń strategiese bemarkingsproses. Bemarkingstrategieë verskil van industrie tot industrie. So is die bemarking van landbouprodukte en die strategieë daaraan verbonde verskillend van byvoorbeeld die bemarking van finansiële dienste en die strategieë daaraan verbonde. Daar is tog algemene stappe in strategiese bemarking wat ń raamwerk vorm waarbinne unieke strategieë vir elke industrie en onderneming geskep kan word. Die stappe wat gevolg kan word is:
Eerstens ondersoek die markomgewing. Data kan uit die omgewing onttrek word deur bemarkingsnavorsing, markmeting en markevaluasie. Die rou gegewens wat uit die omgewing onttrek word staan bekend as data. Wanneer hierdie data verwerk word in bruikbare gegewens, staan dit bekend as inligting. Voorbeelde van inligting is tabelle, vergelykings en verwantskappe.
Tweedens evalueer die onderneming se visie, missie en doelwitte.