Gedrukte stroombaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Elektroniese komponente gemonteer op 'n gedrukte stroombaan

'n Gedrukte stroombaan word gebruik vir die montering van elektroniese komponente. Dit dien as 'n basis waarop elektroniese komponente gemonteer word, en huisves ook die elektriese verbinding tussen die komponente.

Geskiedenis[wysig]

Frank J. Sprague het in 1904 reeds 'n idee gehad om 'n gedrukte stroombaan te ontwikkel om punt tot punt bedrading te vervang. As vakleerling het Sprague die idee met sy mentor, Thomas Edison bespreek, en hulle het besluit om te eksperimenteer met die silwer verminderings metode, wat gebruik word in die vervaardiging van spieëls, asook met die druk van grafietpasta op papier.

Op 2 Maart 1925 het Charles Ducas die eerste gedrukte stroombaan in die VSA gepatenteer. Sy patent was gebaseer op die montering van metaal geleiers op isolator materiaal, om die vervaardiging van elektriese toestelle te vereenvoudig. Ducas het 'n stensil gebruik om repies van geleidende pasta op 'n isolator materiaal mee af te druk. Na die verwydering van die stensil was 'n elektrolitiese metaal afsetting metode gebruik om die repies van geleidende pasta mee te versterk. Hierdie ontwikkeling het die vervaardiging van elektriese toestelle aansienlik vereenvoudig.

Die grootste deurbraak in die ontwikkeling van die moderne gedrukte stroombaan was egter in die 1940's deur Paul Eisler. Eisler het voorgestel het dat 'n isolator materiaal met koper geklee word, waarna 'n weerstand materiaal op die koper gedruk word, en die onnodige koper dan weg geëts word. Eisler het ook voorgestel dat ogies gebruik word om die twee kante van 'n gedrukte stroombaan te verbind. Eisler word dikwels beskou as die Vader van die gedrukte stroombaan.

Tussen 1953 en 1955 het Motorola die metaal platerings metode ontwikkel, wat dit moontlik gemaak het om die twee kante van 'n gedrukte baan te verbind sonder die gebruik van ogies.

In die 1960's, met die toeneem van elektroniese verbruikersware, het die gebruik van gedrukte stroombane aansienlik toegeneem, en die vervaardiging daarvan was geautomatiseer.

Komponente van 'n Gedrukte Stroombaan[wysig]

  • Die basis, is rigiede of buigsame bord gemaak van 'n isolator materiaal, wat die geleiers en die elektriese komponente huisves.
  • Die geleiers, gemaak van koper, is repies of ander vorms wat aan die basis vasgeheg is.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • Printed Circuit Boards: Design, Fabrication, and Assembly (2005). Outeur: R.S. Khandpur. Uitgewer: McGraw-Hill Professional. ISBN 0071464204