Generasie X
Generasie X (algemeen afgekort tot Gen X) is die demografiese generasie wat die baby boomers opvolg. Daar is geen presiese datums vir wanneer hierdie groep begin of eindig nie; demograwe en navorsers gebruik tipies die aanvang van die geboortejaar wat wissel van die vroeë tot middel-1960's en eindig by geboortejaar wat wissel van die laat 1970's tot die vroeë 1980's.
Oorsprong van die term
[wysig | wysig bron]Die term "generasie X" is op verskillende tye dwarsdeur die geskiedenis gebruik om die vervreemde jeug te beskryf. In die 1950's het die Hongaarse fotograaf Robert Capa Generasie X as die titel vir 'n foto-essay oor die jong mans en vroue wat onmiddellik na die Tweede Wêreldoorlog grootgeword het gebruik.[1] In 1976, het die Engelse musikant Billy Idol die bynaam gebruik as die naam vir 'n punk rock-musiekgroep.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ GenXegesis: essays on alternative youth (sub)culture By John McAllister Ulrich, Andrea L. Harris bl. 5.
- ↑ "5 Reasons Marketers Have Largely Overlooked Generation X" (in Engels). Adweek. 4 April 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016. Besoek op 19 Junie 2016.