Geslagsgelykheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Simbool vir geslagsgelykheid.

Geslagsgelykheid is die ideaal van gelykheid tussen mans en vroue. Dit staan in kontras met geslagsdiskriminasie wat 'n teken van geslagsongelykheid is.

In Suid-Afrika is die Kommissie van Geslagsgelykheid verantwoordelik om gelykheid tussen mans en vroue te beskerm en bevorder. Die kommissie is volgens die Suid-Afrikaanse grondwet van 1996 gestig en daarom word dit deur die Suid-Afrikaanse regering beheer en bestuur. Die kommissie het vir kwotas in die parlement en korporasies geveg. Hulle bevorder ook die boodskap van geslagsgelykheid deur openbare byeenkomste en vergaderings dwarsoor die land te reël.