Gewigstoot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Atleet voer 'n gewigstoot uit.

Gewigstoot is 'n velditem in atletiek waartydens die atleet 'n ysterbal so ver moontlik moet gooi.

Die gewig wat gestoot word is 7,26 kg vir mans en 4 kg vir vrouwens en dit moet vanuit 'n sirkel met 2,135 m deursnee gestoot word.

Die Antieke Grieke het klippe gewerp as 'n sport, maar in hierdie vorm gaan dit eintlik op die Skotse Hoogland-spele terug en is in 1896 in die Olimpiese Spele opgeneem, altans vir mans. Vir vrouens is dit sedert 1948.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]