Google Translate

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Google Translate
(Google Vertaal)
Google Translate Icon.png
Tipe webblad Masjienvertaling
Taal(e) Veeltalig
Registrasie Nee
Eienaar Google
Outeur Google
Huidige status Aktief
URL translate.google.com

Google Translate is ’n gratis aanlynvertaaldiens van Google Inc. Dit bied outomatiese vertaling aan tussen ’n groot aantal volkstale. Die diens bied ook vertaling van spraak na teks, beelde van teks, webwerwe, asook spraak na spraak vir sekere tale.[1][2] Die diens word aangebied deur ’n koppelvlak op die Web wat deur middel van persoonlike rekenaars of slimfone (Android en iOS) benut kan word. ’n API is ook beskikbaar wat ontwikkelaars in staat stel om blaaieruitbreidings en toepassings te bou. Google Translate ondersteun meer as 100 tale.[3] Teen Mei 2013 is meer as 200 miljoen gebruikers per dag gerapporteer.[4]

Die gehalte van die vertalings wissel, inherent van rekenaarvertalings oor die algemeen, aangesien die betekenis van woorde afhanklik is van die konteks waarin hulle gebruik word. Deur die interaktiewe karakter van die diens, waaronder die verkryging van terugvoer van gebruikers, kan die gehalte van die diens mettertyd verbeter word. Logieserwys sal vertalings tussen veelgebruiker tale hierdeur beter en begrypliker wees as minder gebruikte tale. Die diens kan ook van en na Afrikaans vertaal.

In November 2016 het Google aangekondig dat Google Translate nou gebruik gaan maak van ’n neuralemasjienvertaalenijn – Google Neural Machine Translation (GNMT) – wat volledige sinne op ’n slag vertaal in plaas van stuk vir stuk. GNMT is eers toegepas op agt taalpare: vanaf en na Engels en Sjinees, Frans, Duits, Japannees, Koreaans, Portugees, Spaans en Turks.[5][6]

Google Translate Community[wysig | wysig bron]

Google "Translate Community" ("Vertaalgemeenskap") is ’n platform wat bedoel is om die Google Translate-diens te verbeter. Vrywilligers (enige persoon met ’n Google-rekening) kan tot vyf tale kies waarin hul kan help om die vertalings te verbeter. Gebruikers kan frases vertaal en weer frases wat ander vertaal het verifieer en nagaan. In Augustus 2016 word die “Google Crowdsource”-toepassing vrygestel wat vertaaltake vir die gebruiker bied.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Google Translate Help – Translate by speech". Google. Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  2. "Google Translate Help – Translate a bilingual conversation". Google. Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  3. "Languages – Google Translate". Google. Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  4. Shankland, Stephen (May 18, 2013). "Google Translate now serves 200 million people daily". CNET. Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  5. Turovsky, Barak (November 15, 2016). "Found in translation: More accurate, fluent sentences in Google Translate". The Keyword Google Blog. Google. Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  6. Le, Quoc; Schuster, Mike (September 27, 2016). "A Neural Network for Machine Translation, at Production Scale". Google Research Blog. Google. Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  7. "New Google Crowdsource app asks you to help with translation and text transcription a few seconds at a time". Verkry op 24 Februarie, 2017.  Gaan datum na in: |access-date= (help)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]