High-Definition Multimedia Interface
High-Definition Multimedia Interface (HDMI) is 'n koppelvlak wat sedert 2003 vir moderne, digitale multimedia-toepassings ontwikkel is en wat baie hoë oordragsnelhede kan hanteer, soos digitale televisie, HDTV, Blu-ray, HD-DVD en omringklankformate met hoë resolusie.
Ná die implementering van 'n kopieerbeskerming (High-bandwidth Digital Content Protection, HDCP) is die HDMI-aansluiting as die nuwe standaard vir elektroniese oudio- en video-verbruikersware ingevoer. Dit kan beeld en oudio gelyktydig verwerk en sal mettertyd ouer standaarde soos die SCART-, RCA-Cinch- en YUV-koppelvlakke vervang. Die huidige HDMI-weergawe is 2.0a.
Aanpasbaarheid
[wysig | wysig bron]Danksy die hoë bandwydte kan die HDMI-koppelvlak alle huidige digitale formate verwerk. Oudio-frekwensies van 192 kHz en 24 bis woordlengte, soos dié van DVD-Oudio, Blu-ray en HD-DVD, kan met HDMI op maksimaal 8 of 32 kanale digitaal verwerk word, net soos hoëresolusie-video-gegewens van Blu-ray, HD-DVD en HDTV. HDMI handhaaf 'n video-bandwydte van maksimaal 600 MHz en is ook geskik vir die hoogste resolusies van 1080, 1440 en 2160 beeldlyne met progressiewe verwerking.
HDMI-standaarde
[wysig | wysig bron]Nuwe klassifikasie | Vroeëre klassifikasie | Invoering | Maksimale data-oordrag | Maksimale video- beeldformaat |
Klankformate | Kleurruimte | Proptipe | Ander besonderhede |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
HDMI Standaard | HDMI 1.0 | Desember 2002 | Tipe A: 3,96 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 3) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG | 24 bis RGB/36 bis YUV | Tipe A | — |
HDMI 1.1 | Mei 2005 | Tipe A: 3,96 GBis/s (165 MHz × 8 bit × 3) Tipe B: 7,92 GBis/s (165 MHz × 8 bis × 6) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio | 24 bis RGB/36 bis YUV | Tipe A, B | — | |
HDMI 1.2 | Augustus 2005 | Tipe A: 3,96 GBis/s (165 MHz × 8 bis × 3) Tipe B: 7,92 GBis/s (165 MHz × 8 bis × 6) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD | 24 bis RGB/36 bis YUV | Tipe A, B | — | |
HDMI 1.2a | Desember 2005 | Tipe A: 3,96 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 3) Tipe B: 7,92 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 6) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD | 24 bis RGB/36 bis YUV | Tipe A, B | Ondersteun CEC, toets vir kabellengtes | |
HDMI High Speed | HDMI 1.3 | Junie 2006 | Tipe A+C: 8,16 GBis/s (340 MHz × 8 bis × 3) |
1440p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bis RGB/36 bis YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bis RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4) | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C) | Ondersteun CEC, toets vir kabellengtes, Lip Sync |
HDMI 1.3a/b/c | November 2006 | Tipe A+C: 8,16 GBis/s (340 MHz × 8 bis × 3) |
1440p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bis RGB/36 bis YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bis RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4) | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C) | Foutoplossings volgens spesifikasie 1.3, 3D (tot 1080i, net spelers)[1] | |
HDMI Hoêspoed met Ethernet | HDMI 1.4 | Mei 2009 | Tipe A+C: 8,16 GBis/s (340 MHz × 8 bis × 3) |
2160p/24Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bis RGB/36 bis YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bis RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4), sYCC601, Adobe RGB, AdobeYCC601 | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C), Micro HDMI Connector, Automotive Connection System | 4K-resolusie, HDMI Ethernet Channel, Audio Return Channel, 3D (geen unieke standaarde nie)[2] |
HDMI 1.4a | Maart 2010 | Tipe A+C: 8,16 GBis/s (340 MHz × 8 bis × 3) |
2160p/24Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bis RGB/36 bis YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bit RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4), sYCC601, Adobe RGB, AdobeYCC601 | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C), Micro HDMI Connector, Automotive Connection System | 3D-oordragstandaarde (Side-by-Side Horizontal und Top-and-Bottom),[3] 3D-standaarde vir rolprente 1080p/24Hz en spele 720p/50Hz of 60 Hz[4] | |
HDMI 2.0 | September 2013 | Tipe A+C+D: 14,4 GBit/s (18 GBis/s met 8b/10b oorhoofs) (600 MHz x 8 bis x 3) |
2160p/60 Hz 1080p/48 Hz (3D) |
8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD; 32-kanaal-oudio @ 1536 kHz | BT.2020 wyekleur | Tipe A, C (Mini-HDMI), D (Mikro-HDMI) | ||
HDMI 2.0a | April 2015 | Tipe A+C+D: 14,4 GBit/s (18 GBis/s met 8b/10b oorhoofs) (600 MHz x 8 bis x 3) |
2160p/60 Hz 1080p/48 Hz (3D) |
8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD; 32-kanaal-oudio @ 1536 kHz | BT.2020 wyekleur | Tipe A, C (Mini-HDMI), D (Mikro-HDMI) | High Dynamic Range (HDR) |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HDMI 1.3 ondersteun ook 3D
- ↑ HDMI 1.4 3D-spesifikasies Geargiveer 23 Mei 2010 op Wayback Machine HDMI Licensing Organization LLC
- ↑ HDMI 1.4a oordragstandaarde Geargiveer 4 Desember 2017 op Wayback Machine HDMI Licensing Organization LLC
- ↑ HDMI 1.4a 3D-standaarde vir rolprente en spele Geargiveer 4 Desember 2017 op Wayback Machine HDMI Licensing Organization LLC