Gaan na inhoud

Hakaniemi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hakaniemi Markplein

Hakaniemi (Sweeds Hagnäs) is 'n deel van die Kalliobuurt in Helsinki. Die Siltasaarisont skei Hakaniemi van die Helsinki stadskern. Hakaniemi word van die stadkern bereik met die Pitkäsiltabrug (letterlik "lang brug") wat vroeër die skeidslyn tussen die burgerlike Helsinki en die arbeiderswyk Hakaniemi aangedui het.

Bekende besienswaardighede in Hakaniemi sluit in die Hakaniemi marksaal (Hakaniemen kauppahalli) en die opelug mark wat op die markplein (Hakaniemen tori) plaasvind. Ook die Helsinki stadsteater (Helsingin Kaupunginteatteri) word in Hakaniemi aangetref sowel as die sogenaamde "ronde huis" (Ympyrätalo).

Hakaniemi het goeie verbindinge met die openbare vervoerstelsel wat bus-, trem- en metrodienste insluit.