Hamsa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hierdie artikel is oor die amulet. Vir die diakritiese teken in Arabies, sien Hamza.

Tunisiese hamsa wat van 'n motor se truspieëltjie hang

Die hamsa (Arabies: خمسة‎ khamsah; Hebreeus: חַמְסָה‬, ook geromaniseerd as khamsa; Berber: ⵜⴰⴼⵓⵙⵜ tafust) is 'n amulet in die vorm van 'n handpalm. Dit is gewild regdeur die Midde-Ooste en Noord-Afrika en word dikwels as juwele en muurversierings gebruik. Die uitbeelding van die oop regterhand is 'n beeld wat telkemale deur die geskiedenis erken en gebruik is as 'n teken van beskerming. Daar word deur sommiges (hoofsaaklik Moslems, Jode en Katolieke) geglo dat die hamsa verdediging bied teen die bose oog ("evil eye"). Daar is al vermoed dat die oorsprong van die hamsa in Antieke Egipte of Kartago (hedendaagse Tunisië) lê en dat dit moontlik met die godin Tanit verband gehou het.

Khamsah is 'n Arabiese woord wat vyf beteken, asook "die vyf vingers van die hand".

Die hamsa is ook bekend as die Hand van Fatima vernoem na die dogter van die profeet Mohammed, die Hand van Maria, die Hand van Miriam, en die Hand van die godin.

Beeld van die hamsa