Hektaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vergelyking van Oppervlak eenhede
Eenheid SI SI basis
1 ca 1 m² 1 m²
1 a 1 dam² 10² m²
1 ha 1 hm² 104
100 ha 1 km² 106
1 vierkante hektometer 1 hm² 104
nie-SI vergelykings
non-SI metric SI base
1,168 morg[1][2] 1 ha 104
2,471 acre 1 ha 104
107 639 sq ft 1 ha 104
* 0.00386 102 vierkante myl (statuut) 1 ha 104
* 15 mū (Sjina) 1 ha 104
* 0.15 qǐng (Sjina) 1 ha 104
10 dunam of dönüm (Midde-Ooste) 1 ha 104
10 stremmata (Griekeland) 1 ha 104
6.25 rai (Thailand) 1 ha 104
~1.008 chō (Japan) 1 ha 104

'n Hektaar is 'n meeteenheid van oppervlak, gelyk aan 10 000 vierkante meter wat veral gebruik word om grondgebied te meet. 'n Een hektaar-groot vierkant se sye is 100 meter lank (1 hektometer). Die naam hektaar kom van die verkorting van Griekse voorsetsel hekto vir 100 en die eenheid -are. 'n Hektaar is 'n 100 are of 'n vierkante hektometer. Are was die basiseenheid vir oppervlak wat in ouer vorms van die metrieke stelsel gebruik is; maar nie are of hektaar vorm deel van die moderne SI-stelsel nie, die gebruik van hektaar word egter steeds toegelaat en die eenheid word presies gedefinieer deur basiseenhede in die SI-stelsel.

Simbool: ha
1 ha = 100 a = 1 hm² = 0,01 km² = 10 000 = 100 meter × 100 meter.

Die hektaar word algemeen in baie lande gebruik, veral gebiede wat die grond beplanning en bestuur behels soos landbou, bosbou, en stadsbeplanning. Dit is veral nuttig waar vierkantmeter omslagtig en onnodig presies sou wees. In die VSA en Kanada word die akker (acre) oor die algemeen steeds in soortgelyke situasies gebruik.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Gamefarmnet, Besoek op 29 April 2007
  2. The South African Afrikaans / English Physics Dictionary, Besoek op 29 April 2007