Hoogekraalpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Hoogekraalpas is op ‘n nou grondpad tussen George en Knysna deur die voetheuwels van die Outeniquaberge.

Die pas lê wes van Karatara by die koördinate 33° 55′ suid en 22° 46′ oos. Alhoewel dit slegs 3km lank is, is die hoogteverskil in die pas tussen die 113m en 225m bo seespieël. Onder in die pas gaan die pad oor die Hoogekraalrivier wat sy water bring na die Ruigtevlei en Swartvlei.

Afgesien van melkplase is hier ook verskeie denneplantasies. Swaargelaaide vragmotors vervoer boomstamme van die saagmeul na die markte.

Die pas dateer uit 1882.

Lees ook[wysig | wysig bron]