ISO 3166-3
Voorkoms
ISO 3166-3 is 'n deel van die internasionale ISO 3166 standaard wat kodes vaslê vir ongebruikte landsname wat voorheen in ISO 3166-1 opgeneem was. Die huidige weergawe is ISO 3166-3:1999.
Die jaar 1974 is gekies as begindatum vir die opname van kodes in ISO 3166-3. Die verwydering van landkodes uit ISO 3166-1 (en dus opname in 3166-3) kan onder die volgende omstandighede gebeur:
- Indien 'n belangrike deel van die landsnaam gewysig word.
- Indien lande saamgevoeg word, soos die Oost- en Wes-Duitsland.
- Indien lande opgebreek word, soos Tsjeggië en Slowakye.
In sulke gevalle word die oorbodige kode en beskrywing uit ISO 3166-1 verwyder en met twee toegevoegde letters ('n alfa 4 kode) opgeneem in ISO 3166-3.