ISO 8601
ISO 8601 is 'n internasionale standaard vir die uitruil van datum- en tydverwante data. Die standaard is getiteld "Data-elemente en uitruilformate - Inligtinguitruiling - Voorstelling van datums en tye" en is deur die Internasionale Standaardeorganisasie (ISO) uitgereik. Die doel van die standaard is om die risiko van verkeerde interpretasie te vermy waar numeriese verteenwoordiging van die datums en tye oor nasionale grense uitgeruil word, en verwarring en ander gevolglike foute of verliese te vermy. Die standaard organiseer die data sodat die grootste termyn (jaar) eerste in die datastring verskyn en vorder tot in die kleinste tydperk (sekonde). Dit maak ook voorsiening vir 'n gestandaardiseerde metode van tydgebaseerde kommunikasie-inligting oor tydsones deur die gebruik van Gekoördineerde Universele Tyd (UTC)[1].
Voorbeelddatum: |
2024-10-11 |
Voorbeeld van afsonderlike datum en tyd in UTC: |
2024-10-11 08:45Z |
Voorbeeld van gekombineerde datum en tyd in UTC: |
2024-10-11T08:45Z |
Voorbeeld van datum met weeknommer: |
2010-W01-1 |
Voorbeeld van ordinale datum: |
2024-004 |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Use international date format (ISO) - Quality Web Tips The World Wide Web Consortium (W3C)
- ISO 8601 summary by Markus Kuhn
- Summary of 8601 by ISO
- Technical Committee ISO/TC 154, Processes, data elements and documents in commerce, industry and administration.
- The Mathematics of the ISO 8601 Calendar
- W3C Specification about UTC Date and Time and IETF Internet standard RFC 3339, based on ISO 8601
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ ISO, FAQ: Numeric representation of Dates and Time