Johannes Ramokhoase

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Johannes Ramokhoase
Geboortenaam Johannes Lebone Slo Ramokhoase
Gebore 1951
Eersterus, Pretoria, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Titel Burgemeester van Pretoria
Beroep Onderwyser, skoolhoof, burgemeester

Johannes Slo Ramokhoase is gebore in die ou Eersterus voordat inwoners verskuif is na Mamelodi, en was die eerste swart burgemeester van Pretoria.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Hy het 'n BA-graad, met Engels en sielkunde as hoofvakke, en hy het sy honneursgraad in Engels voltooi. As 'n ANC-raadslid was Ramokhoase ook die skoolhoof van die Mamelodi Hoërskool.

In 1995, op die ouderdom van 44, klop hy die Vryheidsfront se raadslid Wikus Theron, om die eerste swart burgemeester van Pretoria te word, nadat die Nasionale Party nie 'n kandidaat aangewys het nie.

Hy het 'n instrumentele rol gespeel in die samesmelting van die ou Stadsraad van Pretoria met die plaaslike munisipaliteite van Mamelodi, Atteridgeville en ander omliggende gebiede.[1]

Straatnaam[wysig | wysig bron]

Johannes Ramokhoase-straat (voorheen bekend as Proesstraat) in Pretoria is in 2012 na hom vernoem.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]