Switserse kantons
Die grondgebied van Switserland is sedert 1979 in 26 kantons (enkelvoud: kanton; Frans: cantons, Italiaans: cantoni, Romansch: chantuns) verdeel. Hulle is deelstate van die Switserse Konfederasie.
Elkeen van die kantons beskik oor sy eie grondwet, wetgewende mag, regering en howe. Die meeste kantonale parlemente is eenkamerstelsels met tussen 58 en 200 setels. 'n Klein aantal van parlemente word deur sogenaamde Landsgemeinden gevorm, dit wil sê 'n vergadering van alle burgers wat oor wetsake besluit neem. Vroue het in enkele kantons eers in 1971 stemreg by die vergaderings gekry.
Alle aangeleenthede wat volgens die Switserse grondwet nie uitdruklik onder die gesag van die konfederasie val nie, word deur die kantons gereël. Ook die graad van selfregering wat die munisipaliteite geniet, word deur die kantons bepaal en verskil dus grootliks. Daar is ook groot verskille wat die oppervlakke en bevolkingsyfers van die kantons betref: Oppervlakke variëer tussen 37 en 7 105 vierkante kilometer, terwyl die bevolkings tussen 14 900 en 1 244 400 beloop.
Direkte demokrasie in die vorm van algemene vergaderings word ten opsigte van kantonale sake tans nog slegs in die kantons Appenzell-Innerrhoden en Glarus toegepas. In alle ander kantons gaan burgers nou stembus toe om hulle demokratiese reg uit te oefen.
Sedert die stigting van die Franssprekende kanton Jura in 1978 is daar geen nuwe kantons meer geskep nie. Volgens die grondwet van 1999 is daar amptelik 26 kantons. Die getal state wat 'n rol speel by die verkiesing van die Eerste Kamer (Duits: Ständerat, Frans: Conseil des États) van die Switserse Konfederasie en die stemming by federale wetsontwerpe, beloop egter 23: Die kantons Unterwalden, Appenzell en Basel bestaan elkeen uit twee halfkantons. Unterwalden word verdeel in Obwalden en Nidwalden, Appenzell in Appenzell-Innerrhoden en Appenzell-Ausserrhoden en Basel in Basel-Stad en Basel-Landschaft.
Lys van kantons
[wysig | wysig bron]Wapen | Datakode | Kanton | Sedertdien | Hoofstad | Bevolking | Oppervlakte (km²) | Bevolkingsdigtheid (per km²) |
Aantal munisipaliteite |
[[Amptelike tale]] |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
ZH | Zürich | 1351 | Zürich | 1 443 436 | 1 729 | 701 | 171 | Duits | |
BE | Bern | 1353 | Bern | 1 009 418 | 5 959 | 158 | 383 | Duits, Frans | |
LU | Luzern | 1332 | Luzern | 394 604 | 1 493 | 233 | 87 | Duits | |
UR | Uri | 1291[1] | Altdorf | 36 008 | 1 077 | 33 | 20 | Duits | |
SZ | Schwyz | 1291[1] | Schwyz | 152 759 | 908 | 143 | 30 | Duits | |
OW | Obwalden | 1291[1] or 1315 (as deel van Unterwalden) | Sarnen | 36 834 | 491 | 66 | 7 | Duits | |
NW | Nidwalden | 1291[1] (as Unterwalden) | Stans | 42 080 | 276 | 138 | 11 | Duits | |
GL | Glarus | 1352 | Glarus | 39 794 | 685 | 51 | 3 | Duits | |
ZG | Zug | 1352 | Zug | 120 089 | 239 | 416 | 11 | Duits | |
FR | Fribourg | 1481 | Fribourg | 303 377 | 1 671 | 141 | 167 | Frans, Duits | |
SO | Solothurn | 1481 | Solothurn | 263 719 | 790 | 308 | 122 | Duits | |
BS | Basel-Stadt | 1501 (as Basel tot en met 1833) | Basel | 196 850 | 37 | 5 072 | 3 | Duits | |
BL | Basel-Landschaft | 1501/1833[2] | Liestal | 283 421 | 518 | 502 | 86 | Duits | |
SH | Schaffhausen | 1501 | Schaffhausen | 79 417 | 298 | 246 | 27 | Duits | |
AR | Appenzell-Ausserrhoden | 1513 [3] | Herisau | 54 064 | 243 | 220 | 20 | Duits | |
AI | Appenzell-Innerrhoden | 1513[3] | Appenzell | 15 854 | 173 | 87 | 6 | Duits | |
SG | St. Gallen | 1803[4] | St. Gallen | 495 824 | 2 026 | 222 | 85 | Duits | |
GR | Groubunderland | 1803[5] | Chur | 195 886 | 7 105 | 26 | 180 | Duits, Romansch, Italiaans | |
AG | Aargau | 1803 | Aarau | 645 277 | 1 404 | 388 | 220 | Duits | |
TG | Thurgau | 1803[6] | Frauenfeld | 263 733 | 991 | 229 | 80 | Duits | |
TI | Ticino | 1803[7] | Bellinzona | 350 363 | 2 812 | 110 | 157 | Italiaans | |
VD | Vaud | 1803[8] | Lausanne | 761 446 | 3 212 | 188 | 339 | Frans | |
VS | Valais | 1815[9] | Sion | 331 763 | 5 224 | 53 | 143 | Frans, Duits | |
NE | Neuchâtel | 1815/1857[10] | Neuchâtel | 177 327 | 803 | 206 | 53 | Frans | |
GE | Genève | 1815 | Geneva | 482 545 | 282 | 1 442 | 45 | Frans | |
JU | Jura | 1979[11] | Delémont | 72 410 | 839 | 82 | 64 | Frans | |
CH | Switserland | Bern | 8 237 666 | 41 285 | 174 | 2 596 | Duits, Frans, Italiaans, Romansch |
Die tweeletterafkortings vir Switserse kantons word dikwels gebruik, byvoorbeeld op voertuignommerplate.
Name in ander tale
[wysig | wysig bron]Afkorting | Engels | Frans | Italiaans | Duits | Reto-Romaans | Spaans | Esperanto |
---|---|---|---|---|---|---|---|
AG | Argovia | Argovie | Argovia | Aargau | Argovia | Argovia | Argovio |
AI | Appenze Inner Rhodes | Appenzell Rhodes-Intérieures | Appenzello Interno | Appenzell Innerhoden | Appenzell dadens | Appenzell Rodas Interiores | Apencelo Interna |
AR | Appenzell Outer Rhodes | Appenzell Rhodes-Extérieures | Appenzello Esterno | Appenzell Ausserrhoden | Appenzell dador | Appenzell Rodas Exteriores | Apencelo Ekstera |
BS | Basle-City | Bâle-Ville | Basilea Città | Basel-Stadt | Basilea-Citad | Basilea-Ciudad | Bazelo-Urbo |
BL | Basle-Country | Bâle-Campagne | Basilea Campagna | Basel-Landschaft | Basilea-Champagna | Basilea-Campaña | Bazelo-Kamparo |
BE | Bern | Berne | Berna | Bern | Berna | Berna | Berno |
FR | Fribourg | Fribourg | Friburgo | Freiburg of Fribourg | Friburg | Friburgo | Friburgo |
GE | Geneva | Genève | Ginevra | Genf | Genevra | Ginebra | Ĝenevo |
GL | Glarus | Glaris | Glarona | Glarus | Glaruna | Glaris | Glaruso |
GR | Grisons | Grisons | Grigioni | Graubünden | Grischun | Grisones | Grizono |
JU | Jura | Jura | Giura | Jura | Giura | Jura | Ĵuraso |
LU | Lucerne | Lucerne | Lucerna | Luzern | Lucerna | Lucerna | Lucerno |
NE | Neuchâtel | Neuchâtel | Neuchâtel | Neuenburg | Neuchâtel | Neuchatel | Neŭŝatelo |
NW | Nidwald | Nidwald | Nidvaldo | Nidwalden | Sutsilvania | Unterwalden bajo | |
OW | Obwald | Obwald | Obvaldo | Obwalden | Sursilvania | Unterwalden alto | |
SH | Schaffhausen | Schaffhouse | Sciaffusa | Schaffhausen | Schaffusa | Schaffhausen | Ŝafhaŭzo |
SZ | Schwyz | Schwyz of Schwytz | Svitto | Schwyz | Sviz | Schwyz | Ŝvico |
SO | Solothurn | Soleure | Soletta | Solothurn | Soloturn | Soleura | Soloturno |
SG | St. Gall | Saint-Gall | San Gallo | St. Gallen | Son Gagl | Sankt Gallen | Sankt-Galo |
TG | Thurgovia | Thurgovie | Turgovia | Thurgau | Turgovia | Turgovia | Turgovio |
TI | Ticino | Tessin | Ticino | Tessin | Tessin | Tesino | Tiĉino |
UR | Uri | Uri | Uri | Uri | Uri | Uri | Urio |
VS | Valais | Valais | Vallese | Wallis | Vallais | Valais | Valezo |
VD | Vaud | Vaud | Vaud | Waadt | Vad | Vaud | Vaŭdo |
ZG | Zug | Zoug | Zugo | Zug | Zug | Zug | Zugo |
ZH | Zürich | Zurich | Zurigo | Zürich | Turitg | Zürich | Zuriko |
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die term kanton is vir die eerste keer in 1475 in 'n dokument van die stad Freiburg gebruik. Oorspronklik het elke kanton van die Switserse Federasie 'n selfregerende en onafhanklike politieke eenheid gevorm, wat oor sy eie geldeenheid en leër beskik het. Die huidige federale struktuur dateer uit die jaar 1848.
In die 16de eeu het die Switserse Konfederasie uit dertien selfregerende kantons bestaan: Ses sogenaamde woudkantons en sewe sogenaamde stedelike kantons. Hulle het formeel deel uitgemaak van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie, tog was hulle ná hul oorwinning oor die Duitse keiser Maximiliaan in 1499 feitlik onafhanklik.
Die ses woudkantons was demokratiese republieke, terwyl die sewe stedelike kantons, waaronder Zürich, Bern en Basel, deur stadsrade geregeer is. Hierdie stadsrade is egter deur klein oligargieë van patrisiërs (welvarende burgers) en die guldes oorheers.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 founding Forest-canton, foundation date traditionally given as either 1307, 1304 or 1291 (see Foundation of the Old Swiss Confederacy).
- ↑ deel van Kanton Basel tot en met 1833/1999
- ↑ 3,0 3,1 part of Appenzell until 1597/1999
- ↑ Act of Mediation, formed out of the Canton of Säntis and the northern half of the Canton of Linth.
- ↑ Act of Mediation; voorheen die Canton of Raetia, comprising the earlier Three Leagues.
- ↑ coterminous with the canton of Thurgau of the Helvetic Republic (1798), formerly a condominium.
- ↑ combining the former cantons of Bellinzona and Lugano.
- ↑ Act of Mediation, formerly Canton of Léman.
- ↑ Restoration, formerly the Simplon département
- ↑ claimed by Frederick William III of Prussia until the Neuchâtel Crisis of 1856–1857.
- ↑ seceded from Berne