Kiëfse Petsjersk-lawra

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kiëfse Petsjersk-lawra
Києво-Печерська лавра
Лавра.jpg
Land Vlag van Oekraïne Oekraïne
Soort Kloosterkompleks
Streek Kiëf
Oppervlakte 235 400 m2
Geskiedenis
Gestig 1051
Kulture Kiëf-Roes
Bewoners Meer as 100
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel van Sint Sofia-katedraal en Kiëfse Petsjersk-lawra
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysings 527
Inskripsie 1990 (14de sessie)
Streek† Europa en Noord-Amerika
Beskrywing* Kiev: Saint-Sophia Cathedral and Related Monastic Buildings, Kiev-Pechersk Lavra
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Kiëfse Petsjersk-lawra (Oekraïens: Києво-Печерська лавра, Russies: Киeво-Печерская лавра), ook bekend as die Kiëfse Klooster van die Grotte, is ’n historiese Oosters-Ortodokse klooster in Kiëf. Sedert sy stigting as ’n grotklooster in 1051[1] is die lawra ’n belangrikse Ortodokse sentrum in Oos-Europa. Dit is saam met die Sint Sofia-katedraal ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[2] Terwyl dit ’n kultuurattraksie is, is die klooster weer aktief met meer as 100 monnike wat daar woon.

Naam[wysig | wysig bron]

Die herboude Mariahemelvaartkerk, 2005.

Die word petsjera beteken "grot" en "lawra" is ’n manlike klooster van ’n hoë rang in die Oosters-Ortodokse Kerk. Die klooster se naam word dus ook vertaal as die Kiëfse Grotklooster of Klooster van die Grotte.

Geboue[wysig | wysig bron]

Die Kiëfse Petsjersk-lawra bevat verskeie argitektoniese monumente, van kloktorings tot grotstelsels en versterkingsmure. Die hooftrekpleisters sluit in die Groot Lawrakloktoring en die Mariahemelvaartkatedraal, wat in die Tweede Wêreldoorlog verwoes en heeltemal herbou is. Ander kerke is die Kerk van die Alheiliges, die Kerk van die Redder by Berestowe, die Kerk van die Verheerliking van die Kruis, die Kerk van die Drie-eenheid, die Kerk van die Maagd se Geboorteskenking, ensovoorts.

Daar is ook talle ander konstruksies, soos die Sint Nikolaas-klooster, die Kiëfse Teologiese Akademie en Kweekskool, en meer as 100 grafte van onder meer grootprinse en heiliges.

Galery[wysig | wysig bron]

Комплекс Києво-Печерської лаври DSC 4451.JPG
 
Різдва Богородиці.Лавра.Київ2.jpg
 
Cathedral of the Dormition - Kiev Pechersk Lavra (8601807770).jpg
 
Успенський собор Лавра.jpg
 
80-382-9002 Комплекс Нижньої Лаври 2.jpg
 
Києво-Печерська лавра (вигляд з Музею ім.О.Гончара).JPG
 
Києво-Печерська лавра.Комплекс Києво-Печерської лаври (Національний заповідник Києво-Печерська Лавра) Київ 01.jpg
 
Kyiv Kyiv Pechersk Lavra 70.JPG
 
Iliya Muromets Kiev.jpg
 
Trapezna lavra.jpg
 
Church of the Saviour at Berestove (Side view).jpg
 
Kievo-Pecherska Lavra Belltower.jpg
 

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Magocsi P.R. A History of Ukraine. University of Toronto Press: Toronto, 1996. p 98.
  2. Kyiv Pechersk Lavra, St. Sophia Cathedral remain on UNESCO’s World Heritage List, Interfax-Ukraine (20 Junie 2013)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 50°26′3″N 30°33′33″O / 50.43417°N 30.55917°O / 50.43417; 30.55917