Koolsuursneeu
Voorkoms
Koolsuursneeu is 'n wit, vaste, besonders vlugtige stof wat vervaardig word deur koolsuurgas onder hoë druk te laat ontsnap. Deur die skielike uitsetting koel dit so sterk af dat dit na die vaste toestand oorgaan.
Aanwendings
[wysig | wysig bron]Medies
[wysig | wysig bron]Dit word gebruik om klein aarbeivlekke en vratjies te verwyder.
Brandblusser
[wysig | wysig bron]Koolsuursneeu word ook gebruik om brande te blus. Dit is veral geskik by brande van elektriese toestelle, omdat dit geen reste nalaat en nie elektriesgeleidend soos bluswater is nie. Dit verdring nogtans die suurstof in die lug, en in beknopte ruimtes kan dit tot asemnood en verstikking lei.[1]