Kraambed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Moeder met haar pasgebore baba.

In die mediese vakterminologie verwys kraambed (Latyn: “puerperium”, “puer” kind; “pario” in die wêreld bring) na die tydperk na 'n bevalling waarin die moeder se geslagsorgane weer terugbeweeg tot hulle normale posisies soos voor die bevalling. Normaalweg duur die kraambed tot ses weke na die bevalling.