Kroket

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kroket
Silindervormige krokette.
Silindervormige krokette.
Soort gereg Gebraaide kos
Hoofbestanddeel Maalvleis, fynaartappels
Ander bestanddele Vis, kaas, groente,
sous, ens.

’n Kroket is ’n klein gebraaide rolletjie met krummels om, met as hoofbestanddele gewoonlik fynaartappels met maalvleis (lam- of beesvleis), hoender, kalkoen, vis of skulpvis, kaas, groente en ’n wit- of bruinsous.[1] Daarby kan ook geweekte witbrood, eiers, uie, kruie en speserye, wyn, melk of bier gevoeg word, of enige kombinasie daarvan. Die kroket word gewoonlik in ’n silinder-, skyf- of ovaalvorm gerol, met krummels bedek en dan in diep olie gebraai. Die kroket (van die Franse woord croquer, "kraak") het wêreldwyd bekend geraak as ’n lekkerny en as kitskos.

Krokette met fynaartappels word dikwels as ’n bygereg voorgesit saam met wintergeregte, soos op Kersfees in die Noordelike Halfrond. Dié wat as kitskos verkoop word, bevat dikwels nie aartappels nie, maar kaas, beesvleis en sous.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]