LIBRIS

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

LIBRIS (Library Information System) is ’n Sweedse nasionale katalogus wat deur die Nasionale Biblioteek van Swede in Stockholm bestuur word.[1] Dit is moontlik om sowat 6,5 miljoen titels landwyd te deursoek.[2]

Benewens ’n bibliografiese rekord vir elke boek of publikasie, bevat LIBRIS ook ’n lêer oor mense. Die masjienleesbare kode vir die katalogus is SE-LIBR, gewoonlik geskryf selibr.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "LIBRIS". Nationalencyklopedin. URL besoek op 27 Julie 2010. 
  2. "LIBRIS database contents". Nasionale Biblioteek van Swede. Besoek op 27 Julie 2010.
  3. Library of Congress Network Development and MARC Standards Office (5 April 2011). "Search the MARC Code List for Organizations Database". Library of Congress. Besoek op 22 Augustus 2012.