Lianie May

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lianie May
Geboortenaam Lianie Oosthuizen
Geboorte 2 Augustus 1976 (1976-08-02) (41 jaar oud)
Vereeniging, Suid-Afrika
Beroep(e) Sangeres
Aktiewe jare 2007 – nou
Etikette MOZI-rekords
Webwerf www.lianiemay.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Lianie May is 'n Afrikaanse sangeres. Haar regte naam is Lianie Oosthuizen, en haar musiek klink baie soos dié van Shania Twain en Dolly Parton.

Lianie is op 2 Augustus 1976 in Vereeniging gebore, en het op 'n plaas by Oranjeville grootgeword, waar sy en haar man deeltyds met beeste boer. Sy matrikuleer in 1994 aan die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg.

Na 'n optrede van Eden op Oranjeville het Lianie vir hulle 'n oudisie in 'n kleedkamer afgelê. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut-CD in 2007 uitgereik het.

Haar liedjie Pretoria was geruime tyd op Radio Rippel se top-20.[1] Sy is in September 2017 ná 'n 10 jaar lange verlowing met haar bestuuder, Barry Lubbe, getroud. Haar pa, Niccie Oosthuizen, is in 2015 weens longkanker oorlede. Sy woon nou in Pretoria.

Albums[wysig | wysig bron]

  • Iemand om lief te hê 2017
  • Vir Liefde (Saam met JAY) 2015
  • Naweek Lyfie, 2014
  • Lank lewe die liefde, 2011
  • Bonnie en Clyde (Saam met JAY)
  • Boeremeisie, 2009 MOZI
  • Kersfees met Lianie, 2008 MOZI
  • Vergeet My Nie, 2007 MOZI

Filmografie[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]