Lumix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lumix
Lumix logo.svg
2015 0826 Panasonic GX8 03.jpg
Tipe Gesamentlike onderneming tussen Panasonic Corporation en Leica Camera AG
Gestig 2001
Hoofkantoor Kadoma, Osaka, Japan
Industrie Optiese bedryf
Produkte Digitale kameras
Webwerf Lumix
Panasonic se Lumix DMC-TZ5 (modeljaar 2008/09) is 'n gesofistikeerde 9 megaspikkel-mik-en-druk-kamera met 'n Leica DC Vario Elmar-28mm-wyehoeklens, 10x optiese zoem en optiese beeldstabiliseerder wat ook HD-beelde en -video's kan afneem
Die onderdele van 'n Lumix-kamera

Lumix is 'n handelsmerk van die Japannese maatskappy Panasonic wat vir sy reeks digitale kameras - van mik-en-druk- tot SLR-kameras - gebruik word. Baie Lumix-kameras word met Leica-lense toegerus wat deur optiese ingenieurs van die bekende Duitse vervaardiger Leica ontwikkel en ontwerp is, maar in Japan vervaardig word, terwyl ander modelle feitlik Leica-kameras sonder die oorspronklike handelsmerk is wat slegs ten opsigte van hul buite-ontwerp van hul Duitse eweknieë verskil.

Die meeste Lumix-kameras gebruik Panasonic se Venus Engine-bewerker vir digitale beeldbewerking.