Lusifer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die „oggendster“ Venus (links onderaan die maan)

Lusifer, ook Lucifer, is die Latynse naam van die oggendster, die planeet Venus. Dit beteken letterlik "ligdraer" (afgelei van Latyns lux "lig" en ferre "dra, bring"). Gaandeweg is die naam Lusifer in die Christelike taalgebruik met een van die name van die duiwel of Satan vereenselwig.

Romeinse mitologie[wysig]

In die Romeinse mitologie is Lucifer as poëtiese naam vir die oggendster (Venus) gebruik. Die Latynse term was 'n letterlike vertaling van die Griekse phosphóros ("ligbringer") en eosphóros ("bringer van die Môrerooi") - name wat byvoorbeeld in Homeros se Odussee of Hesiodos se Theogonie voorkom. Lucifer word ook met die godin Venus verbind.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Lusifer (kategorie)