Martins-waterval
Voorkoms
Die Martins-waterval is in die omgewing van Chimanimani (voorheen Melsetter) in die ooste van Zimbabwe op die grens met Mosambiek.
Hierdie val is in die Mevumosirivier in die Chimanimaniberge by 19° 46′ 51″ suid en 33° 7′ 5″ oos en minstens 140 m hoog.
Gideon Martins het die val aan die einde van die 19de eeu besoek en sy naam daaraan verleen.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- worldwaterfalldatabase.com/waterfall/Martins-Falls-399
- zimfieldguide.com