Masjona

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Masjonas)
Spring na: navigasie, soek
Masjona
Totale bevolking: 13 800 000
Belangrike bevolkings  in: Zimbabwe, Mosambiek, Suid-Afrika.
Taal: Sjona, Engels, Portugees
Geloofsoortuiging: Afrika Tradisionele Godsdiens, Christene
Verwante etniese groepe: Lemba
'n Sjona-toordokter (n'anga)

Masjona verwys na 'n inheemse Afrikastam wat vermoedelik reeds in die 16de eeu 'n groot deel van die huidige Zimbabwe bewoon het. Van hul oorsprong is egter redelik min bekend. Hulle was 'n vredeliewende volk en bekend vir hul vaardigheid in ysterwerk en in handel. Hulle het in die riviere na goud gesoek en het matte vervaardig wat hulle aan ander stamme verkoop het. Omstreeks 1840 is die land deur Matebeles binnegeval, wat die Masjonas op 'n groot skaal uitgemoor het en die oorblywendes in die heuwels ingejaag het. Daar het hulle in vestings tussen die kranse gewoon. Die Matabeles het ook slawe van baie van hulle gemaak. Met die koms van die Britse Pioneer Column in 1890, is die Masjonas sonder veel moeite onderwerp, maar die Matabeles het nog strooptogte op die Britte uitgevoer. In 1895 het die Masjonas by die Matebeles aangesluit in die opstand teen die blankes.

Bronne[wysig]