Groot-Zimbabwe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Groot-Zimbabwe*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Great-Zimbabwe-2.jpg
Binne die ruïnes van Groot-Zimbabwe
Ligging van Groot-Zimbabwe op 'n kaart (Zimbabwe)
Groot-Zimbabwe
Groot-Zimbabwe
Ligging van Groot-Zimbabwe in Zimbabwe
Koördinate: 20°16′S 30°56′O / 20.267°S 30.933°O / -20.267; 30.933Koördinate: 20°16′S 30°56′O / 20.267°S 30.933°O / -20.267; 30.933
Lande Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Tipe Kultuur
Kriteria i, iii, vi
Verwysings 364
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1986  (10de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Kaart van die ruïnes van Groot-Zimbabwe

Groot-Zimbabwe (Engels: Great Zimbabwe, Shona: Masvingo eZimbabwe) is 'n ruïnestad, sowat 39 km suidoos van Masvingo af en in die gelyknamige provinsie in Zimbabwe geleë. Die nedersetting op die gelyknamige plato het as hoofstad van die koninkryk van Zimbabwe gedien, wat langs Zimbabwe ook groot dele van Mosambiek beheer het. Groot-Zimbabwe het tydens sy bloeitydperk vanaf die 11de tot middel van die 15de eeu 'n bevolking van sowat 18 000 gehad, is deur die monarge van Zimbabwe as koninklike paleis gebruik en was die politiese magsentrum. Die rykdom van die metropool was gebaseer op beeste, goud-verhaling en handel. Getuienis van die geestelike sentrum is die Zimbabwe-voëls uit seepsteen. Die aanleg is die grootste voor-koloniale steenbou in Afrika suid van die Sahara en een van die oudste.[1]

Die stad was reeds verlate en verval, toe Europeërs vir die eerste keer in die 16de eeu op die stad afgekom het. Verkeerdelik is dit vir 'n lang tyd as die tuiste van die koningin van Skeba geïnterpreteer, maar die resultate van die argeologiese navorsing weerlê hierdie tesis. Die oorsprongstyd word in die laat Ystertydperk gedateer, wat in die streek ooreenstem met die 11de eeu.

Die Groot-Zimbabwe Nasionale Monument is in 1986 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Galery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Great Zimbabwe". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Desember 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.