Gaan na inhoud

Massamodulus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Illustrasie van uniforme samepersing. Die druk P word van alle kante op die blokkie uitgeoefen.

Die massamodulus (K) van 'n stof meet die stof se weerstand tot uniforme samepersing. Dit word gedefinieer deur die toename in druk wat nodig is om 'n gegewe relatiewe afname in volume te veroorsaak. Die basiseenheid hiervan is die pascal. Byvoorbeeld, gestel 'n yster kanonbal met 'n massamodulus van 160 GPa moet 0,5% in volume verminder word. Dit benodig dan 'n druk vermeerdering van 0,005 × 160 GPa = 0,8 GPa.