Membranofoon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Membranofoon is 'n musiekinstrument waarmee klank geproduseer word deur 'n gespanne vel (membraan) te laat vibreer.

Die vibrasie word voortgebring deur:

  • slaan op dromme met 'n stok of met die hand; dit is verreweg die algemeenste.
  • wrywing of stryk.
  • sing of blaas.
Chladni-patrone op 'n vierkantige plaat.

Die vibrasiepatrone in 'n membraan heet Chladni-patrone.