Mieliestronk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mieliestronk
Ear of corn.png
Tipe webblad Ensiklopedie
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Geen
Eienaar Naspers
Opgerig 2001
Huidige status Aktief
URL mieliestronk.com

Mieliestronk, of Dugeot se Mieliestronk soos dit ook bekend staan, is 'n Afrikaanse webwerf wat ten doel het om kinders met hul skooltake te help. Op Mieliestronk word inligting oor spesifieke onderwerpe op 'n ensiklopediese maar informele wyse aangebied, aangesien dit hoofsaaklik op skoliere gemik is. Mieliestronk poog egter ook om mense te help wat hul algemene kennis wil opskerp. Die webwerf bestaan sedert 2001 en is vroeër deurlopend uitgebrei, maar dit word reeds verskeie jare lank nie meer aangevul of opgedateer nie. Mieliestronk se materiaal was in een stadium ook te koop en het in verskeie pakkette voorgekom.

In Desember 2011 is 'n kontrak beklink waarkragtens Mieliestronk deur die Naspers-filiaal Media24: Weeklikse Tydskrifte by die oorspronklike webmeester, G. (Ollie) Olwagen, oorgeneem is. Olwagen, wat 'n senior tydskrifjoernalis was tot met sy aftrede rondom die eeuwisseling, het die webwerf omstreeks 2001 begin en dit deur die jare op eie houtjie met weinig hulp opgebou tot waar dit mettertyd in skooltyd tot 44 000 klikke per dag ontvang het (tot 153 000 sogenaamde unieke besoeke per maand).

Ondanks Mieliestronk se stagnasie en veranderde internetpatrone, het die webwerf se hoofbladsy in 2017 – in "goeie skoolmaande" soos Februarie, Mei en Augustus – steeds nagenoeg of meer as 50 000 unieke besoeke per maand ontvang. Talle opvoeders beskou dit as merkwaardig. Materiaal uit Mieliestronk is in verskeie skoolboeke opgeneem.



Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]