Sprokiesboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Moringa ovalifolia)
Jump to navigation Jump to search

Sprokiesboom
Moringa ovalifolia.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. ovalifolia
Binomiale naam
Moringa ovalifolia
Dinter & A.Berger

Die sprokiesboom (Moringa ovalifolia) is 'n boom wat inheems is aan Namibië en die suide van Angola. Dit kom vanaf die platorand noord van Keetmanshoop tot die Kaokoveld in die noorde voor en verder in Angola in die droë Mopaniebosland. Hulle is bekend van die Sprokieswoud van Etosha.

Dit is 'n boom met 'n dik sukkulente stam wat sy blare verloor en 7 m hoog word. Die bas is glad en koper- tot silwerkleurig. Die blare kan 2,5 cm lank word. Dit kry wit blommetjies[1] en die vrugte is lang peule.

Die Boesmans gebruik hierdie boom wanneer hulle geen water kan vind nie. Hulle maak 'n klein gat in die sagte bodem van die stam en met 'n pypie tap hulle die bitter sap af. [2]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2016.
  2. "Gateway Africa" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019.